Weg Platteland - Somer 21-22: Swellendam: die dorp wat oor sy wortels waak

Posted on Tue June 21, 2022.

In hierdie prag-artikel word met plaaslike mense gesels en word dit gou duidelik waarom ons dorp so gewild is. Dit is voorwaar 'n holte vir 'n mens se voet...

Dis geen wonder ons het na hierdie dorp gehunker nie!

Swellendam bied soveel: die pragtige berge en natuurreservate (Marloth, Bontebokpark, De Hoop, om net 'n paar te noem), die interessante mense, die heilsame omgewing met die lekkerste vars produkte te koop om elke hoek en draai: bessies, heuning, koffie, vleis en natuurlik: kaas en wyn!

Die restaurante is voorwaar fantasties en dit is moeilik om een uit te sonder: veral omdat ons self nog nie eens by almal uitgekom het nie!  Altyd iets om te verken...

Die omliggende areas bied ook soveel wonderlike besienswaardighede, plekke en mense: of jy deur Suurbraak na Barrydale gaan, binneland toe waar die Karoo net oor die berg loer.  En of jy kus se kant toe staan:  Stilbaai, Struisbaai of Witsand toe.  Agulhas, Malgas of Infanta - dit is alles net 'n klipgooi weg.

Die geskiedkundige geboue, stories en wortels maak dit 'n fees om te verken.  Dit is net eenvoudig beeldskoon mooi.  Ons is voorwaar geseënd om hier te kan woon!